Rappies Waka Waka op die verhoog

Ongeveer 1 000 leerders het vanjaar op die verhoog gedans en vermaak verskaf tydens Rappies se revue.

Daar is ‘n droomwêreld geskep tydens vanjaar se revue, Drome, wat Laerskool Rapportryer aangebied het.

Dit was ‘n glansgeleentheid op Vrydag, 16 September waartydens almal kon sien hoe pragtig al die leerders in hul kostuums gelyk het. Dit was die laaste van sewe vertonings, en met 34 items op die program en ongeveer 1 000 leerders wat opgetree het was dit iets om te aanskou.

Hendrico Germishuys.
Hailey Fourie.

Hulle het net hul beste gegee om ‘n briljante revue vir hul ouers, onderwysers en mede-leerders aan te bied. Daar is op die maat van liedjies soos Nooit alleen, Cool soos Koos Kombuis, Waka Waka en vele meer gedans.

Organiseerder van die revue Elmarie Myburgh het vertel dat na ure se geduld, oefening, harde werk en kreatiwiteit was hulle trots dat Drome ‘n realiteit geword het.

Jayden Cornelius.
Genive Cordier.
Logan Coetzer.

Almal by Rappies het baie hard gewerk – van dansies beplan tot dekor maak – en ons sê baie dankie!

‘n Hele paar professionele dansafrigters het gehelp en ons hartlike dank gaan aan hulle. Sonder ons ouers se heelhartige ondersteuning sou ons nie suksesvol kon wees nie. Baie dankie!”

Luan Fourie en Botlhale Maleke.
Leannique Griffiths.
Elnic Barkhuizen.
Janic van Staden.
Marikus Janse van Vuuren.
Michelle Myburgh.
Mieke Fouche.
Steyn de Plooy.
Tyler Lewis.
Luan van Sittert.
Mischke van Zyl.
Caitlin Swart tydens die vertoning.
Oratile Mofokeng.
Exit mobile version