Riebeeckranders skitter op die loopplank

Die skoolsaal was op 26 Augustus volgepak met vriende en familie om die deelnemers wat vir die titels meegeding het te ondersteun.

Hoërskool Riebeeckrand-leerders het op die loopplank gepronk tydens die skool se jaarlikse Mnr and Mej Riebeeckrand-kompetisie.

Die skoolsaal was op 26 Augustus volgepak met vriende en familie om die deelnemers wat vir die titels meegeding het te ondersteun.

Lees ook: Mnr en Mej Riebeeckrand-deelnemers beïndruk

Die organiseerder, onderwyser Magda Venter het vertel dat almal die kompetisie wat om 19:00 begin het en tot 23:00 geduur het, as ‘n groot sukses beskou het. Daar was ook heelwat vermaak tydens die glansgeleentheid.

Rezane Daniels.

Ons is werklik trots op al die deelnemers en bedank graag die ouers en ons borge wat alles moontlik gemaak het.

“’n Groot dankie ook aan al die onderwysers wat so ‘n groot bydra tot die sukses gelewer het,” het Venter gesê.

Willem Botha was een van die gaskunstenaars en die gehoor het heerlik saamgesing terwyl hy opgetree het.

Lees ook: Die wenners van Mnr en Mej Riebeeckrand 2019 is …

Deirde de Beer het die asems laat wegslaan in haar wit rok.

Die volgende deelnemers is as wenners in die onderskeie kategorieë aangewys:

• Mej Riebeeckrand Senior: Giyana Dyers
• 1ste prinses: Ntokozo Ncama
• 2de prinses: Arlien Oudbier

• Mej Riebeeckrand Junior: Megan Rowan
• 1ste prinses: Chininke Homan
• 2de prinses: Mckayla Linde

Shaye Cinnamon.

• Mnr Riebeeckrand Senior: Christiano da Corte
• Prins: Pieter Jordaan

• Mnr Riebeeckrand Junior: Luthando Duma
• Prins: Xian Nel

Kefilwe Moilwe geniet dit om op die verhoog te verskyn.

• Mnr Persoonlikheid: Tjaart van der Walt

• Mej Persoonlikheid: Ilze van der Westhuizen

Arlien Oudbier pronk op die loopplank.

• Mnr Fotogenies: Lethabo Sello

• Mej Fotogenies: Ilanya Mandelstam

Exit mobile version