Jannas se pom-poms weer heelbo!

Tydens die nasionale kampioenskappe het die pom-poms die nasionale titel verower toe hulle eerste geëindig het, en by RACA het hulle 95% gekry.

Hoërskool Jan Viljoen se pom-poms het onlangs puik presteer tydens die Federation of Dance Drill Majorette Sport South Africa se nasionale kampioenskappe.

Lees ook: VIDEO: Jannas pom-pom champions in action

Organiseerder van die Jannas Pom-poms, Bernadine Kruger het vertel dat die nasionale kampioenskappe op Woensdag, 13 Julie in Bloemfontein plaasgevind het en dat hul pom-poms die nasionale titel verower het toe hulle eerste geëindig het.

Op Saterdag, 20 Augustus het die pom-poms aan RACA deelgeneem waar hulle ‘n diamanttoekenning (95%) verower het.

Ons as skool is baie trots op ons pom-poms,” het Bernadine vertel.

Lees ook: Jannas pom-poms se geheim tot sukses

Exit mobile version