Schools

RAM vier hul 85e verjaarsdag

RAM het onlangs hul verjaarsdag gevier deur bome te plant en roomys te geniet.

Laerskool Randfontein het onlangs hul 85ste verjaarsdag met boomplantings en roomys gevier.

RAM het sy deure op 3 Augustus 1937 met 81 leerders en drie onderwysers oopgemaak.

Monique Borriza en Maretha van der Walt hou ‘n graaf vas by een van die bome. Foto ingestuur.

Skoolhoof Leon Haupt het tydens die vieringe die leerders op die pawiljoen toegespreek en van die skool se hoogtepunte vertel. Hy het ook gefokus op die rol wat vroue in die skool se geskiedenis gespeel het, om aan te sluit by Vrouedag.

Skoolwoordvoerder Annie Nolan het gesê hul skool het deur die jare so gegoei dat daar vandag meer as 1 300 leerders in die skool is.

Klaskamers en kantore is aangebou, boorgate is gesink en sportvelde is ontwikkel. Presidente het die skool besoek en menige leerders het provinsiale en SA-kleure in verskeie aktiwiteite behaal. Dis voorwaar ‘n geskiedenis om op trots te wees.”

Leerders geniet hul heerlike roomyse in die koelte. Foto ingestuur.

Sy het vertel dat die leerders na die hoof se toespraak die syfer 85 op die rugbyveld gevorm het. Lugfoto’s is daarvan geneem en daarna het elke graadgroep ‘n inheemse boom op die skoolterrein geplant.

Die kinders het dit so geniet om in die grond te speel. Elkeen het ‘n roomys ontvang en lekker lank pouse gehou. Die onderwysers is bederf met koek en koffie.”

Cayleb Smit besig om die gat met grond te vul. Foto ingestuur.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button