Schools

Meestersgraad vir Rappies-onderwyser

Ondanks die pandemie en voltyds skoolgee het sy nou 'n meestersgraad in haar sak.

‘n Onderwyser van Laerskool Rapportryer laat niks in haar pad staan wanneer sy haarself wil ontwikkel nie – nie eers ‘n wêreldwye pandemie nie.

Graad 1-onderwyser Celeste Wentzel, 37, het op Woensdag, 18 Mei haar meestersgraad in inligting- en kommunikasietegnologie in onderwys deur die Universiteit van Johannesburg verwerf.

Dit het haar vier jaar, ondanks Covid en voltyds skoolhou, geneem om hierdie uitmuntende prestasie te behaal.

Sy het vertel sy het haar meestersgraad aangepak omdat sy leergierig is en mal is daaroor om haar horisonne te verbreed omdat mens nooit moet ophou werk aan jouself nie.

Vir jong meisies wat onderwys as loopbaan oorweeg – jy gaan altyd ‘n dankbare hart hê want jy kies om met die toekoms te werk. Niemand kan dit verander of van jou af wegvat nie. Jy plant drome se saadjies in kinderharte, jy gaan een groot verskil maak in kinders se lewens, en jy moet altyd aanvaar dat jy foute gaan maak, want as jy foute maak leer en groei jy in stilte.”

Lees die volledige berig in volgende week se Herald.

Related Articles

Back to top button