No More Tears Animal Rescue het ‘n paar wenke gedeel vir troeteldiereienaars om te volg gedurende die feesseisoen.
Clarisse Kruger, ’n vrywilliger by ’n diereskuiling, het gesê Desembermaand is ’n tyd wanneer mense vrolik is en tyd saam met familie deurbring. Dit kan ook ‘n stresvolle tyd vir troeteldiere wees.
“Vuurwerk is ’n dier se ergste nagmerrie en behoort nie deel van enige viering te vorm nie.”
Clarisse het ’n paar wenke gegee wat mense kan volg om die veiligheid van hul troeteldiere te verseker as mense in hul omgewing vuurwerke gebruik:
• Skep ‘n veilige plek in jou huis vir jou troeteldier, verkieslik weg van vensters of deure
• Skakel ‘n TV of ‘n radio aan om die geluide buite te demp
• Voer jou troeteldiere vroeër en hou hulle binne
• Om jou vensters toe te hou, kan help om harde geluide te demp en te verhoed dat jou troeteldier ontsnap as hulle besluit om te vlug. Jy sal dalk ook enige gordyne of blindings wil toemaak om jou huis verder klankdig te maak en helder flitse en vonke te blokkeer wat troeteldiere kan laat skrik
• Wees daar om hulle gerus te stel en veilig te laat voel
Sy het verder genoem dat om troeteldiere met ‘n mikroskyfie te kry en die relevante inligting te registreer sal help as hulle by die hek uitglip, hulle vinnig met hul families herenig kan word.
Diere moet ook weggehou word van gevaarlike dekor en koel en gehidreer gehou word gedurende die somerhitte.
Dit is ook belangrik om ‘n stil en veilige plek vir troeteldiere te skep wanneer julle gaste onthaal en dit is nie ‘n algemene gebeurtenis nie. Gee hulle dan speelgoed om hulle besig te hou.
“Daar is niks beter as om rondom ‘n vuur bymekaar te kom nie, maar as jy ‘n troeteldier het, veral ‘n nuwe hond of kat, moet jy versigtig wees.
“In hierdie seisoen van hoop en samesyn, spreek No More Tears Animal Rescue ons hartlike dank uit aan al die ongelooflike ondersteuning van die Randfontein gemeenskap asook ons diepe waardering vir die vertroue en lojaliteit. Ons wens vir jou ‘n Kersfees gevul met die vreugde van gee en die warmte van liefde. Mag jou dae vrolik en helder wees! Geseënde Kersfees van ons almal by No More Tears Animal Rescue. Mag jou hart en jou troeteldier se Kerskous vol wees hierdie Kersfees. Onthou saam maak ons ‘n verskil.”
Sy het bygevoeg dat die reddingsorganisasie op bystand sal wees vir noodgevalle gedurende die feestyd. Hulle kan gekontak word by 084 433 7748 of 064 682 5145 of besoek hul webwerf by https://nomoretears.org.za.