Vriendskap en Randpoort tehuise geniet Braaidag

Braaidag gevier met 'n worsbroodjie en entjie se stap.

Vriendskap Tuiste en hul bondgenote, Randpoort Tuiste, het op Braaidag bymekaargekom vir ‘n gesellige kuier en braai.

Dalena Botha, voorsitter van Vriendskap Tuiste, het verduidelik dat die idee vir die dag gekom het om Braaidag te vier en ook die inwoners van die ouetehuis aan die gang te kry en kans te gee om buite te kom.

Ralie Mulder en Hadley Stanford.

Selfs inwoners van die dorp is genooi om aan die staptog deel te neem, asook gesinne van die tehuis se inwoners.

Stappers het ‘n keuse gehad tussen ‘n 1km of 2km stap en kon selfs tweede en derde rondtes stap. Na die tyd het almal saam ‘n worsbroodjie geniet.

Daleen de Bruin, Hettie Erasmus en Dané de Bruin.

Dit is ‘n jaarlikse geleentheid, verlede jaar het 60 mense deelgeneem en vanjaar het die getal gegroei tot 110 stappers.

Chené en Tanja Craggs saam met Kerryn Benade en Tina Mcgee.

Annemarie Kotzé, van Vriendskap Tuiste, het bygevoeg dat dit deel vorm van die tehuis se aktiewe verouderingsprogram. Dit is ook ‘n goeie manier om die gemeenskap by die ouetehuis betrokke te kry, aangesien gemeenskapsbetrokkenheid vir nie-winsgewende organisasies belangrik is.

Hannie van Staden.

Helea Eilers, Vriendskap Tuiste se bedryfshoof het gesê, “Ons moet geleenthede vir die mense skep en dit is ‘n gawe inisiatief.”

Henry en Engela Jacquire.
Wessie Stringer en Marie Strydom.
Annemarie Kotzé en Helea Eilers.
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version