Braaimeester gereed om sy braai vir Erfenismaand te gebruik

Dié Venterspos-braaimeester gaan Erfenismaand met trots vier.

Willie du Bruyn beskou homself as nie net ‘n gewone inwoner nie. Hy is ‘n braaimeester wat ‘n heerlike braaigereg vir die regte geleentheid kan maak.

Willie sê hy het 55 jaar ondervinding wanneer dit by braai kom. Gedurende hierdie jare het hy die vaardighede ontwikkel om die perfekte tjoppie te braai.

As die weer dit toelaat, braai Willie min of meer twee keer per week.

Vir hom behels ’n goeie braai ’n ordentlike stuk vleis, liplekker pap en sous asook ’n mengelslaai om die gereg af te rond.

“Braai is die perfekte geleentheid om te ontspan en lekker te kuier saam met geliefdes. Dit is die bymekaarkom wat regtig saak maak,” het hy gesê.

Willie verteenwoordig die Afrikaner tydens Erfenismaand en vind groot trots in sy geloof. Hy is tans ‘n afgetrede pastoor. Toe hy as pastoor opgetree het, het hy sy eie gebedshuis gehad, Eliakim Gebedshuis, wat sedert 2007 bestaan het. Hy het vertel dat dit nie ‘n beroep is nie, maar dat hy deur God geroep is om die doel te voltooi.

Hy gaan vandeesmaand sy erfenis vier deur sy wenresepte op die braai te gebruik en tyd saam met sy geliefdes deur te bring.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version