Local news

GPF gee om oor publiek se veiligheid en belange

Die GPF in Rikasrus het onlangs bewusmaking geskep en na die gemeenskap uitgereik met die hoop om meer lede by hul familie te verwelkom vir 'n veiliger area.

Die Rikasrus Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) se doel is nie net om die gebied te patrolleer nie, maar ook om vir die gemeenskap om te sien.

Die GPF het op 8 September kospakkies en etes vir die gemeenskap uitgedeel waar hulle ook die geleentheid gebruik het om bewusmaking oor veiligheid te skep.

Karen Botha, sekretaresse vir die GPF, het verduidelik dat hulle ‘n lys het met name van mense wat hulp nodig het in die gemeenskap vir wie hulle kospakkies, ‘n ete, nagereg en ook lekkers vir die kinders uitgegee het.

Sondag was die eerste keer dat hulle hierdie inisiatief afgeskop het, hulle beoog om daarmee voort te gaan, maar benodig skenkings en borge.

Karen het bygevoeg dat hulle dankbaar is vir die gemeenskapslede en die GPF wat die kospakkies moontlik gemaak het.

Die belangrikste punt is egter veiligheid in die gemeenskap en hulle glo dat hoe meer mense by hulle aansluit, hoe veiliger sal die gemeenskap wees.

“As die gemeenskap by die GPF aansluit, vorm dit ‘n kettingreaksie. Bure kyk dan vir mekaar uit,” het Karen genoem.

Hul gebiede sluit in Vleikop, Rikasrus, Dennydale, Bloubank en Elandsfontein. Dit bestaan hoofsaaklik uit plotte en plase. In Elandsfontein is dit hoofsaaklik plase en hulle het begin met ‘n kamerastelsel, waar hulle kameras by die plase en ook by die kragstasie opgestel het. Hulle beoog om meer kameras in die gebied op te sit. Hulle patrolleer egter steeds dele van die gebied.

Enige persoon wat wil aansluit of bydra kan die GPF-voorsitter Siegfried Pautsch by 083 200 8333 of Karen by 079 260 1957 kontak.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button