Straatgeveg-tragedie: ‘Ek vat sy afsterwe baie erg’

Hermanus Barend du Plessis (wat onlangs gesterf het tydens 'n straatgeveg) se lewensmaat praat oor haar hartseer.

Die 58-jarige man wat onlangs tydens ‘n straatgeveg gesterf het is deur sy lewensmaat as Hermanus Barend du Plessis (Barry) geïdentifiseer.

Polisiewoordvoerder Kolonel Noxolo Kweza het bevestig ‘n saak van moord word ondersoek.
Sy sê Du Plessis en ‘n 38-jarige man was in ‘n bakleiery betrokke in Uniestraat, Randgate op Woensdagaand, 7 Augustus.

Die roudiens van Barry het op 18 Augustus plaasgevind.

Du Plessis het toe tydens die bakleiery gesterf en die jonger man is in hegtenis geneem. Hy het reeds in die hof verskyn.

• Lees ook: Straatgeveg eindig in tragedie, polisie ondersoek moordsaak

Die Randfontein Herald het intussen met die oorledene se lewensmaat, Sharon Lindeque, gepraat oor daardie noodlottige aand.

Wyle Hermanus Barend du Plessis word gerou deur familielede.

Sy het vertel dat Du Plessis op pad kafee toe was om brood en melk te koop. Sy beweer dit was toe Du Plessis uit die kafee geloop het dat hy in ‘n geveg betrokke geraak het met die beskuldige.

“Hy was in die keel geslaan wat gevolglik sy lugpyp beskadig het. Hy het agter toe geval en sy kop teen ‘n baksteen gestamp. Die impak daarvan het gelei dat hy sy nek breek,” het Lindeque gesê.

Du Plessis se roudiens het op 18 Augustus plaasgevind. Hy word oorleef deur sy lewensmaat, dogter en kleinkinders.

Lees meer in die Herald se 30 Augustus uitgawe.

Exit mobile version