Toekies vier Vrouemaand in styl

Byna 300 vroue het in Toekomsrus saamgetrek vir een doel – om Vrouemaand in hul trasidionele klere te vier.

Tussen 200 en 300 vroue van Toekomsrus het onlangs by Die Ou Apostoliese Kerk van Afrika bymekaargekom om Vrouemaand in tradisionele drag te vier.

Rachel Kock, ‘n lidmaat van die kerk, het verduidelik hulle het onder meer speletjies gespeel het en pryse uitgedeel het vir elke persoon wat deelgeneem het. Hulle het ook gedigte voorgelees.

“Die doel was om vroue in die gemeenskap te erken. Dit maak nie saak van ‘n persoon se ras, kleur of afkoms nie. Ons vier elke jaar Vrouemaand,” het Rachel gesê.

Sy het aangegaan om te sê die tema was tradisioneel.

Na die pret en plesier het hulle ook verversings gehad wat almal kon geniet.

Exit mobile version