Local news

Hier is die veteraanmotorskou wenners

Die veteraanmotorskou het groot opslae gemaak by die Vleisfees en kort daarna is die wenners aangekondig.

Een van die Vleisfees se hoogtepunte vanjaar was die skouspelagtige veteraanmotorskou en die wenners is onlangs aangekondig.

Volgens Sionspoort Vleisfees se mediabestuurder, Appel Ernst, het vanjaar se veteraanmotorskou 52 motors en een motorfiets vertoon.

“Elke motor op die terrein was uniek en spesiaal en elke eienaar het die voertuie sorgvuldig voorberei vir die groot geleentheid,” het Appel beskryf.

Jannie Oosthuizen.

Tydens die oggend van die fees is ‘n deelnamesertifikaat aan elke veteraanmotordeelnemer uitgereik. Appel het bygevoeg dat hierdie sertifikate gebruik is om die deelnemers te bedank vir hul tyd en uitgawes.

’n Onafhanklike beoordelaar het deur die motors gekyk en uiteindelik twee naaswenners gekies. Na baie beraadslaging, onderhoude met die eienaars en ure se kopkrap is twee eervolle vermeldings gemaak aan Boet en Mary Mostert met hul Morris Minor.

Appel het verduidelik dat die beoordelaar van mening was dat die harde werk aan die twee motors beklemtoon moet word.

Die algehele wenner is Peet Wessels met sy 1940 Chevrolet bakkie. In die tweede plek was Jannie Oosthuizen met sy Lady in Red; ‘n Datsun 1600 Coupé, 1964-model.

Eervolle vermelding vir Boet en Mary Mostert.

Die derde plek is ingeneem deur Wayne Swanepoel se 1976 Toyota Landcruiser.

“Die beoordelaar was baie beïndruk met die tyd en liefde wat in al die motors ingegaan het,” het sy uitgespreek.

Trofeë en geskenkpakkies is deur dr Johan van Staden en die hoof uitvoerende beampte van Sasol Greenhills, Fanie Jonck, oorhandig. Fanie is bygestaan deur Lizé Smit van Sasol se bemarking.

“Die Vleisfees is dankbaar vir die betrokkenheid van Greenhills Sasol, wat hierdie afdeling voortaan sal borg,” het Appel afgesluit.

Related Articles

Back to top button