Vleisfees neem Randfontein oor

Veteraanmotors wat brul, vee op skou en skilpadjies asook skaap op die spit – feesgangers het by die duisende opgedaag vir die Sionspoort Gemeente se vierde Vleisfees.

Vanjaar se Vleisfees by die Tuinhekkie op 3 Augustus, die vierde van sy soort, was uiters pret vir besoekers wat dit selfs as ‘n goeie plaasvervanger vir die bekende skou beskryf het.

Volgens Sionspoort Vleisfees mediabestuurder Appel Ernst, was daar ongeveer 300 stalletjies waarvan besoekers kon kies en keur.

Cecelia en Jaco Tiaan Risseeuw.

“Ons as gemeente was verstom oor die verskeidenheid ouderdomsgroepe wat die hekke binnegestorm het om die dag saam met vriende en familie te geniet,” het Appel uitgedruk.

• Lees ook: Die 2024 Vleisfees IN FOTO’S

Appel het verder verduidelik die doel van die Vleisfees was om vir nie-winsgewende organisasies ‘n platform te skep en sodoende bewusmaking van hul werksaamhede te bevorder. Die daaropvolgende doel was om die gemeenskap saam te bring en vir hul vermaak aan te bied.

Leeanne an Derek Labuschagne by hulle F100 Ford bakkie.

Sy het beklemtoon dat die Vleisfees nie bestaansreg sou hê sonder borge nie.

Die fees het hierdie jaar die D2 DRUMMIE-kampioenskappe se eindrondte aangebied waar ongeveer 250 leerders van verskeie skole vanuit die Wes-Rand hul dansvernuf ten toon gestel het. Appel het bygevoeg dat 13 kategoriewenners aangewys was.

Wiehan Jacobs geniet ‘n rit op ‘n kameel.

Twee-en-vyftig veteraanmotors was hierdie jaar mee gespog en volgens Appel was dié afdeling geborg deur Greenhills Sasol. Die wenners in die veteraanmotoruitstalling word elders vermeld.

Die fees het natuurlik opreg gespog met die plaasafdeling waar daar vee op skou was, onder andere Kalahari Reds en boerbokke.

Eugene, Marika en Mariané Ungerer.

Die jongklomp kon dan baljaar met groot kindervermaak soos glybane en ‘n bungee-trampolien. ‘n Groot bydrae tot hierdie vermaak was die kameelritte.

Eddie du Preez by die braai.

En wat sal ‘n Vleisfees wees sonder vleis? Appel vertel dat die Sionspoort Gemeente gesorg het vir skilpadjies, kaiings, worsbrode, skaap en krokodil op die spit. Sy het bygevoeg dat ander instansies vir groter verskeidenheid kosse gesorg het.

Kenny Dykman saam met Jaret Nagel, Sharné Kamfer, Evangeline Dykman en Shane Kamfer.

“Die teenwoordigers was baie honger. Oral het rye gestaan opsoek na lekkerte om aan te smul. Vleisfees wors en hamburgerpatties is aangebied by die vars vleisstalletjie,” het Appel verduidelik.

‘n Nuwe vertoning het hierdie jaar die program gemaak, naamlik die stoeiers van die National Wrestling Federation. Appel het opgemerk die stoeiers het hul gewigte in die kryt rondgegooi en die toeskouers het luidrugtig aan die pret deelgeneem.

Trudy Nagel geniet die dag saam met haar hond Flippie.

Verder het die RE/MAX ballon hierdie jaar die aanduitsig oor die omgewing moontlik gemaak.

Verskeie kunstenaars se stemme het die fees ook laat brul. Kunstenaars soos Monique, Zander, Taye, Landman, Tamlyn, Renaldo, Marko le Roux, Jayde Mitchell, Hennie du Bruyn asook Die KitaarkêrelsTanya V en Anton Fitchat het deurgaans opgetree as seremoniemeesters in die twee arenas oor die twee dae.

Kunstenaars Juan Boucher en die immergewilde Rikus Nel het by die fees aangesluit vir die aand se vermaak en as daar ‘n dak was, was dit ook weggesing.

Anton Fitchat.

Appel het beklemtoon dat die terugvoering van die Vleisfees oorweldigend positief was.

“Ons kyk met groot dankbaarheid terug na ‘n fantastiese fees! Baie dankie aan die reëlingskomitee en die gemeente vir die puik organisasie. Dankie ook aan elke borg, uitstaller, werker, ons skole, ander gemeentes, plaaslike instansies en ons sakegemeenskap vir jul hulp en betrokkenheid. Dankie aan die Randfontein-gemeenskap en ander besoekers van heinde en ver, se ondersteuning. Bo alles dank, lof en eer aan ons Hemelse Vader vir die seën en goeie guns uit Sy Hand,” het Appel afgesluit.

‘n Pom-pommeisie beïndruk beoordelaars.

Besoeker Yolanda Beukes het vertel dat dit haar en haar familie se eerste keer by die Vleisfees was. Sy het opgemerk die kos was uitstekend en haar seun was mal oor die veteraanmotors en sê dit was sy hoogtepunt.

Nombuso Xulu, Lesedi Malinga, Ntsako Nake en Nomcebo Xulu geniet slushies in die warm weer.

“Die Vleisfees is elke jaar lekker. Dit is ‘n goeie plaasvervanger vir die skou,” het Jaco en Helena Olivier gesê.

“Dit is baie lekker! Ek hou van die krokodil op die spit. Dit proe soos vis en hoender,” het Leyghton Mucerry vertel.

Plaasdiere op skou by die fees.

“Ons werk op ‘n plaas en daarom geniet ons dit om na die plaasprodukte by die fees te kyk,” het Kyle Nel en Antonio Galvan uitgedruk.

Chivanu Botha het die meganiese bul gery en gesê dit was ‘n groot uitdaging, tog genotvol.

Leané Cordier en René Botha is twee van RAM Extreme se pom-pommeisies.

Sarel van der Walt en sy familie het die fees geniet en vertel die kos en brandewyn het goed afgegaan.

Exit mobile version