Familie-kat sedert Junie vermis: Eienaar vra vir hulp

Kattebaba se eienaar verlang na haar kat en vra die gemeenskap om op die uitkyk te wees.

Maryke van der Westhuizen is dringend opsoek na haar kat.

Kattebaba, die kat se naam, is sedert 29 Junie vermis in Culemborgpark. Volgens Maryke het Kattebaba gewoonlik elke aand huis toe gekom, maar het daardie aand versuim om dit te doen.

Kattebaba is ‘n agtjarige wyfie kat. Sy het ‘n besondere bruin merk onder haar neus wat lyk soos ‘n snor.

Kattebaba het ‘n unieke patroon wat lyk soos ‘n snor.

“Ek is bang dat iemand haar gevang het en haar probeer mak maak. Sy is glad nie die makmaak tipe nie. Sy het een persoon wat sy lief het en dit is ek, haar mamma. Sy is nie vriendelik nie, maar eerder skrikkerig en kwaai,” het Maryke verduidelik.

Maryke beskryf Kattebaba as haar alles en haar meisiekind. Sy het verder vertel dat Kattebaba gewoonlik ‘n glas water saam met haar geniet het wanneer sy na Maryke verlang het. Kattebaba slaap elke aand gewoonlik op Maryke se bors of by haar sy.

Kattebaba reageer op die noemname Kattebaba, KB, Katy Baby en KN.

Indien enigiemand Kattebaba sien, kontak Maryke op 061 849 6289.

Exit mobile version