Kat na vyf dae uit boom gered

Cosmos se kat, Smokey word weer goed versorg nadat hy uit 'n boom gered is.

Cosmos se ‘n vyfjarige kat Smokey, is na vyf dae uiteindelik uit ‘n hoë boom gered.

Cosmos se kombuisbestuurder Marie Schoombie vermoed Smokey het heel moontlik in die boom beland nadat ander katte in die area hom gejaag het. Marie glo nie dat Smokey al ooit so hoog in ‘n boom geklim het nie.

Marie verduidelik dat sy die direkteur van No More Tears, Stephan Hendriks, gekontak het om hulp. Sy het verder vertel dat sy daarna vir Specialist Technical Animal Rescue gekontak het wat dus uitgekom het om Smokey uit die boom te probeer kry. Smokey was teen daardie tyd reeds 10m hoog in die boom.

Volgens Marie kon hul ongelukkig nie Smokey red nie omdat hy reeds hoër in die boom geklim het.

Smokey was ongeveer 25m hoog in die boom.

Daarna kontak sy weer vir Stephan en hy het voorgestel dat hul ‘n boomkapper kry om Smokey te red, wat sy toe gedoen het. Sy verduidelik dat die boomkapper die boom goed geklim het en uiteindelik Smokey beetgekry het.

Alhoewel Marie verlig was dat Smokey gevang was, het sy steeds bekommer. Sy het vertel sy het gebid dat beide die boomkapper en Smokey veilig op grond kom. Die boomkapper het veilig afgeklim nadat hy 25m geklim het om Smokey te bereik.

Tydens die vyf dae wat Smokey in die boom vasgesit het, het hy geskree om hulp. Marie het vertel hy het baie gewig verloor. Nadat hy gered is, het Marie dadelik medisyne, water en kos vir Smokey gegee.

Die boomkapper red vir Smokey uit die boom.

“Die boomkapper het ongelukkig kostes aangevra vir die diens. Ek het toe bekommer daaroor, maar tot my verbasing het No More Tears die kostes reeds betaal,” het Marie gesê.

Marie het uitgedruk dat sy Stephan graag wou terugbetaal, maar voordat hul hulle oë kon uitvee het ‘n inwoner die volle bedrag betaal.

Cosmos bedank No More Tears vir hul spoedige reaksie asook die inwoner wat die boomkapper onkostes gedek het. Smokey is veilig op die grond en word huidiglik goed versorg tesame met ander katte op die perseel.

Exit mobile version