Koekie Allie, inwoner en stigter van die Feed The Need Soup Kitchen, het nie op haar laat wag nie en dele van Toekomsrus skoongemaak vir Mandeladag.
Sy vertel sy en haar span het onder andere die strate Madeliefie, Roos en Emerald met hul eie twee hande van hoek tot kant opgeruim.
Na hulle harde werk, het sy ‘n pot pap gemaak wat hulle saam met wors geniet het vir middagete.