Local news

Cast Aways skud blik vir diere in nood

Cast Aways Animal Sanctuary het 'n prettige blikskud-dag aangebied met die doel om fondse in te samel vir hul diere in nood.

Sean du Plooy het ‘n blikskud geleentheid vir Cast Aways Animal Sanctuary georganiseer om fondse in te samel vir hul veearts onkostes. Alhoewel dit steeds nie genoeg is om die diere te versorg nie.

Stigter en direkteur van die diere-organisasie, Louisa Rossouw, het vertel dat sy saam met Sean, Anuska Wolmarans en Chrizel van Zyl ongeveer R1 500 ingesamel het. Cast Aways het nie net finansiële donasies ontvang nie, maar ook komberse, honde- en katkos.

Chrizel van Zyl vra vir donasies.

Sean, ‘n vrywilliger, het die geleentheid georganiseer sodat Cast Aways hul veeartsrekeninge kan betaal asook om kos vir die diere te koop.

“Ons is regtig in nood. Dit is ook belangrik om ons huidige diere in die skuilig te versorg en onderhou. Vreeslik baie dankie vir elke persoon wat bygedra het,” het Louisa vertel.

Chrizel van Zyl, Louisa Rossouw en Anuska Wolmarans.

Cast Aways versorg huidiglik vir ongeveer 220 katte en 160 honde wat hulle in die afgelope vyf jaar gered het.

Aangesien hul nie die finansiële of fisiese kapasiteit het om nog diere in te neem nie, moet hul tydelik die organisasie se deure sluit.

Sean du Plooy het die geleentheid om Cast Aways se diere te help gereël.

Enige donasies word deur Cast Aways verwelkom, insluitend finansiële donasies, komberse, kos en speelgoed.

Indien jy kan bydrae, kontak Cast Aways by 072 812 3333 of stuur ‘n e-pos na lwrossouw@gmail.com.

Related Articles

Back to top button