Local news

KYK: Randfontein se Hollywood-ster bederf SA met sy stem

Gebore en getoë Randfonteiner, Neil Sandilands, toer Suid-Afrika nadat sy jongste album uitgereik is.

Neil Sandilands het sy jongste album, Land en Sand, uitgereik en toer huidiglik deur Suid-Afrika waar hy die land bederf met sy stem.

Die Land en Sand-album het onlangs tot stand gekom en Neil verduidelik dat die idee onstaan het in onsekere tye. Hy het vertel dat Belleville Studios Kaapstad toe verskuif en daarom was sy album die laaste een wat daar vervaardig is.

Die tydsfaktor was sentimenteel vir Neil aangesien hy die album saam met sy jarelange vriend en vervaardiger, Theo Crous, kon maak. Volgens Neil is die album, MAIN, binne drie weke gemaak. Die liedjies wat huidiglik op die album is, het hy vervaardig terwyl hy besig was met reekse, films en ander bedrywighede. Neil beskryf die album as ‘die direkte blik op die onmiddellikheid van my bestaan’ tydens die onruste wat hy beleef het in Suid-Afrika.

“Ek is baie opgewonde oor hoe die liedjies klink, moontlik juis omdat daar nie regtig tyd was vir te diep dink nie,” het hy vertel.

Die omslag van die album is ‘n foto van Neil se eerste werklike optrede by Laerskool Randfontein tydens ‘n revue in 1982. Hy onthou hoe hy Hak Hom Blokkies van David Kramer met oorgawe gesing het op die ouderdom van ses.

Neil het verduidelik dat daar ‘n verband is tussen die omslag van die album en die snit Gooi Kole. Hy het vertel dat hy verwag die snit sal soos ‘n virus versprei.

“Ek wou graag die werke só skep dat ek die band [Schalk Joubert, Frank Freeman en Ronan Skillen] kon betrek. Siende almal hul eie professionele trajekte het, en Ronan imigreer het na Ierland, was hierdie klein vensterkie van moontlikheid al wat ons tot ons beskikking gehad het. Dit was ’n kwessie van ‘doen dit nou of glad nie’. Hulle het almal op die album gespeel en sal natuurlik ook sorg vir die lewendige uitvoering daarvan,” het Neil verduidelik.

Ander musikante op die album is Melissa van der Spuy (klawers), Inge Beckmann (agtergrondsanger), Theo Crous (addisionele kitaar) en David Jenkins (Zulu konsertina).

Die Land en Sand-album is nou beskikbaar op alle digitale platforms hier.

Die Land en Sand-toer het reeds op 27 Junie begin en sal op 4 Augustus afsluit.

“Ek dink wat ons probeer bied in die ‘lewendige uitvoerings’ van my werke, is om dit altyd nuut en vars te hou. Dit het sin gemaak om nuwe skryfwerke so vinnig moontlik by die ateljee te kry, om dit dan in tandem met die toer, op horende ore te laat val,” het Neil gesê.

Vir meer inligting oor die toerdatums, besoek www.neilsandilands.com.

Related Articles

 
Back to top button