Local news

Moet nie dié boeremark misloop nie!

Die NWK hou hul sesde boeremark en beplan hul om dit nog 'n sukses te maak.

NWK skop Saterdag af met hul sesde boeremark waar hul beplan om groot te gaan.

Die sesde boeremark sal op 29 Junie plaasvind waar talle stalletjies unieke produkte en bederfies gaan uitstal. Dit sluit in produkte soos geskenke, kolwyntjies, handgemaakte produkte, gemmerbier, vars groente, vetplante, tuinprodukte, boereworsrolle, pannekoek, koeksisters en vele meer.

Die tradisionele geleentheid sien elke maand gereelde en nuwe stalletjies waar mense die boer in hulself kan uitleef.

Die boeremark vind plaas elke laaste Saterdag van die maand op Plot 34, Elandsvlei.

Related Articles

 
Back to top button