Local news

God’s Army hou fondsinsameling om minderbevoorregtes te voer

God's Army Aanbidding Sentrum het dames bederf en sodoende 'n fondsinsameling gestig vir minderbevoorregtes.

God’s Army Aanbidding Sentrum het ‘n prettige bederfdag vir vroue gehad met die doel om kospakkies vir minderbevoorregtes in te samel.

Jaen-Marie Dickenson tree op met ‘n dans.

Op 22 Junie het God’s Army talle vroue vermaak met verversings, sang en ‘n boodskap. Cathy Viljoen het die gehoor bederf met haar liedere met Elsa Marais wat die Woord van die Here voorgelees het, Jaen-Marie Dickenson wat ‘n vermakerige dans uitgevoer het en Linn-Marie Rabbolini Marais wat ‘n gedig aan die gehoor voorgelees het.

Elsa Marais het die Woord gebring.

Volgens stigter van die aanbidding sentrum, Hennie Marais, het ongeveer 20 mense die geleentheid bygewoon. Sy vrou, Elsa, was die organiseerder van die geleentheid.

Cathy Viljoen sing haar liedere.

“Buiten die min mense, was dit steeds ‘n sukses. Die geleentheid het ons toegelaat om 16 gesinne te help met kospakkies,” het Hennie vertel.

Elsje du Toit sorg dat die verversingstafel voldoende is.

Related Articles

 
Back to top button