Local news

Oud-bekende vier haar 90ste saam met familie en vriende

Inwoner van Randfontein Vriendskap Tuiste het 'n merkwaardige verjaarsdag gevier met gaste wat selfs van ver af gekom het om die dag met haar te deel.

Rita Jacobs, inwoner van Randfontein se Vriendskap Tuiste en ‘n oud-bekende in die dorp, het onlangs die voorreg gehad om haar 90ste verjaarsdag te vier.

Dalena Botha, voorsitter van die tuiste, het vertel Rita was bevoorreg om selfs twee besoekers van oorsee te ontvang vir die groot dag. Haar oudste kleindogter Natalie Alexander het al die pad van Engeland gekom om haar ouma te verras. Haar vriendin van 35 jaar, Hilde Pappaert, het weer van België gekom om haar spesiale dag saam met haar te vier.

Rita is op 28 Mei 1934 in Mapoch gebore. Sy vertel haar ouers was van Namibië afkomstig. Haar pa kon nooit weermag toe gaan nie omdat hy homself per ongeluk in die voet geskiet het terwyl hy met iemand gesels het.

In die sestigerjare het Rita se man die SPAR oorkant Hoërskool Jan Viljoen besit. Later, in 1969, het hy sy eie eiendomsagentskap, Entin Estates, begin wat tans steeds deur die Jacobs-familie besit word.

Vir ‘n paar termyne was Hans en Rita ook die burgemeesterspaar van die dorp.

Dalena sê Tannie Rita het op vele terreine haar merk gemaak. Sy het ook Spreuke 31:10 aan haar opgedra, “Wie sal ‘n deugsame vrou vind? Want haar waarde is ver bo die van korale.”

Related Articles

Back to top button