Local news

Inwoners deel hulle herinneringe oor hulle eerste stemdag

Na al die jare van hul kruisies trek onthou sommige inwoners steeds die eerste keer wat hulle die voorreg gehad het.

Inwoners van Vrienskap Tuiste het onlangs met die Randfontein Herald tere herinneringe gedeel van die eerste keer wat hulle gestem het.

Rina Brits. Foto ingestuur.

Rina Brits het vertel, “Ek het vir 75 jaar in Edenvale gebly en dis ook waar ek die eerste keer gestem het. In 1994 het ons en die bure se kinders het tot diep in die nag vir die uitslag wakker gebly. My oë was naderhand so seer, almal het gedink ek slaap, maar ek was te nuuskierig. Die uitslae was oor die radio met ‘n getoet-toet-toet aangekondig.”

Nackie Schreuder. Foto ingestuur.

Nackie Schreuder het gesê, “Ek het op die ouderdom van 18 vir die eerste keer gestem.”

Anna Jooste. Foto ingestuur.

Anna Jooste het bygevoeg, “Ons het lekker tydens die 1994 stemmery gekuier en onder ‘n tent wors gebraai. Jy het lekker met ou vriende gekuier. Dit was nie ‘n vakansiedag nie, maar my pa het vakansie geneem en mense aangery om te stem. Ons kinders het die heel aand voor die radio saam met ons ma en pa gesit en wag vir die uitslag.”

Tokkie du Toit. Foto ingestuur.

Tokkie du Toit het genoem, “Ek was ongeveer 20 jaar oud toe ek die eerste keer gestem het. Dit was baie lekker om te stem. Ek het die eerste keer op Delareyville gestem.”

Jackie Marais het gesê, “Ek het die eerste keer in Parow gestem. Ek het maar altyd net gegaan en gaan stem. Ek het altyd gesê die Here sal die regte party gee.”

James Chamberlain.

James Chamberlain het bygevoeg, “Politiek was politiek.”

Related Articles

Back to top button