Local news

Boeremark in Loumarina vloei deur inwoners se are

Die NWK het die afgelope naweek nog 'n suksesvolle boeremark aangebied.

Elke laaste Saterdag van die maand bied NWK Randfontein hul kenmerkende boeremarkdag aan in Loumarina.

Johann en Amanda Tosen het hul klein besigheid, Frosty Melts, op hierdie dag verteenwoordig. Hulle het roomys verkoop en die gemeenskap het die geleentheid gehad om deel te neem aan ‘n kompetisie. Die wenner van die kompetisie sal op 30 April ‘n prys wen.

Johann, Luhanne en Amanda Tosen.

Mathilda en Louis Kupke is die eienaars van ‘n private tuisnywerheid. Hul het tuisgebakte produkte soos beskuit, koekies en vele meer verkoop. Volgens die egpaar doen die tuisnywerheid goed by die boeremark. Louis vertel dat hul teen 11:15 uitverkoop was en het hy bygevoeg dat hul deur die Here geseën is.

No More Tears Animal Rescue het ook gebruik gemaak van die mark as ‘n fondsinsameling.

Riëtte Cronje staan by haar hond, Grace, wat onlangs gered is.

Volgens direkteur Riëtte Cronje, is die fondsinsameling om veearts onkostes te dek. Riëtte het vertel dat donasies gemaak kan word by Homestead Dierehospitaal. Hulle kan by 010 023 3911 gekontak word, of die Randfontein Dierehospitaal by 011 412 1010 en No More Tears Animal Rescue by 060 963 0883.

Related Articles

 
Back to top button