Local news

Kinderhof vier paasfees

Organiseerdes maak paasfees 'n dag vir die boeke vir die kinders van die Randfontein-kinderhof.

Die paashaas het verlede week kom kuier by die kinders van die Randfontein-kinderhof.

Danksy Nicky Redelinghuys, Adele Venter en Annamarie Deysel kon kinders in veiligheidsorg met ‘n ete by Spur bederf word. Die kinders het deelgeneem aan ‘n danskompetisie waar hul pryse kon wen. Daarna het die kinders die geleentheid gehad om wasgoedpennetjies te soek om dit te ruil vir ‘n paaseier.

Voormalige kinderhof-klerk, Elna Cunningham, het die geleentheid ondersteun. Sy het vertel dat die meerderheid van die kinders gewoonlik verlate is en in dromme of bokse gevind word. Sy het bygevoeg dat baie kinders ook verwyder word van huishoudings as gevolg van dwelmmisbruik.

“As hulle vermoed dat die kinders in slegte omstandighede leef verwyder ‘n maatskaplike werker die kinders en ‘n ondersoek word geloots. Die kinders word dus in veiligheidshuise geplaas,” het Elna vertel.

Volgens Elna, word sulke geleenthede aangebied om kinders te laat besef dat hulle belangrik is.

Adele Venter het verduidelik dat ‘n kind paasfees moet geniet.

“Op jou verjaarsdag moet jy koek kry. Op Kersdag moet jy ‘n geskenk kry en op paasfees moet jy paaseiers eet,” het Adele gesê.

Sy het bygevoeg dat hul altyd vir Kersfees ‘n geleentheid beplan het, maar hierdie jaar het hul besluit om paasfees te vier.

Nicky vertel dat die kinders van die kinderhof nie interaksie met hul ouers mag uitvoer nie en daarom het sy besluit om die geleentheid vir die kinders aan te bied.

“Die kinders het nie familielede tydens hierdie spesiale dae nie. Daarom probeer ons om dit vir hulle spesiaal te maak. Elke kind by die kinderhof het ‘n hartseer storie. Die hof plaas hulle in ‘n plek waar hulle veilig sal wees en liefde sal kry,” het Nicky afgesluit.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button