Local news

Kunstenaars tree op vir DBV

Twee kunstenaars het die afgelope naweek by die Windpomp opgetree om fondse vir die DBV in te samel.

Inwoners en diereliefhebbers het die afgelope naweek gestroom na die Windpomp in Loumarina om fondse in te samel vir die RandWes DBV.

Op Saterdag, 16 Maart, het die gemeenskap die geleentheid gehad om ‘n vertoning van twee kunstenaars te geniet. Eerste het Jozua Joubert die gehoor bederf met sy Afrikaanse treffers gevolg deur Landman Janse van Rensburg.

Jozua Joubert.

Organiseerder Michelle van Wyk het haar opgewonheid oor die geleentheid gedeel.

Sy sê dat die geleentheid gedien het as ‘n fondsinsameling vir die plaaslike DBV asook vir minderbevoorregte individue.

Landman Janse van Rensburg.

Verder het DBV voorsitter Brenda Eloff haar dankbaarheid uitgepsreek teenoor besighede wat ‘n helpende hand wil gee aan hul organisasie.

“Februarie was ‘n swart maand vir die DBV. Hierdie geleentheid het dit baie makliker gemaak vir die DBV om hul werk te doen. Enige hulp word opreg waardeer. Ons het die gemeenskap se ondersteuning nodig om te baklei vir die diere,” het Brenda afgesluit.

Related Articles

 
Back to top button