Local news

Gemeenskap deel in die pret by dans-fondsinsameling vir DBV

Inwoners met 'n sagte plekkie vir die RandWes DBV het fondse ingesamel deur te dans.

Diereliefhebbers het gesokkie en dans tot hul tekkies brand as deel van ‘n fondsinsameling vir die RandWes DBV.

Inwoners wat die geleentheid bygewoon het, het ook honde- en katkos saamgebring.

“Ons is almal lief vir diere en wil graag uithelp as vrywilligers by die DBV,” het Thirza Ernst, een van die organiseerders van die dans verduidelik.

Organiseerders van die fondsinsameling Thirza Ernst en Martie Gouws.

Rene van Straten, bestuurder by die RandWes DBV, het gesê, “Almal het baie lekker gekuier en gedans. Ons kon darem kos en finansiële donasies bymekaar maak. Ek is baie dankbaar dat mense in ons gemeenskap met hul omgee harte uit hul pad gegaan het om sulke geleenthede te reël om ons en die diere te kan help.”

Martie Gouws, nog een van die organiseerders, het saam met haar man Petrus bygedra tot die aand. Sy het genoem mense besef nie altyd hoeveel onkostes die DBV het nie.

Rene van Straten wys van die donasies wat hulle ontvang het.

“Behalwe vir die sorg van die diere moet hulle hokke skoonmaak, infrastruktuur onderhou en dienste soos water en ligte betaal, om net ‘n paar te noem.”

Martie het verduidelik die saal vir die dans is deur Chixies geborg en die res van die onkostes is deur hulself geborg, met die klank wat ook gratis was.

Dit was ook nie die eerste keer wat hierdie vriende teruggegee aan die diere nie. Verlede jaar het hulle ook ‘n Kersboom vir die diere gehad om hul te bederf vir die feesseisoen.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button