Local news

Sangers trek saam vir DBV en minderbevoorregtes

Michelle van Wyk organiseer 'n aand van vermaak om fondse vir die DBV en minderbevoorregtes in te samel.

Twee kunstenaars maak gereed om by die Windpomp op te tree as deel van ‘n fondsinsameling vir die DBV.

Organiseerder Michelle van Wyk is opgewonde om aan te kondig dat Randfontein inwoners op 16 Maart deur twee sangers vermaak gaan word. Die geleentheid sal 11:00 begin en ongeveer 21:00 afsluit.

Die oggendvertoning sal deur Jozua Francoise Joubert aangebied word terwyl Landman Janse van Rensburg die aandvertoning gaan oorneem.

Jozua Francoise Joubert.

Kaartjies kan nou al kontant gekoop word. Michelle voeg by dat kaartjies ook daardie dag by die ingang beskikbaar sal wees (slegs kontant). Volgens Michelle is kinders welkom om die geleentheid by te woon.

Indien inwoners belangstel om kaartjie te koop, kontak Michelle op 082 763 3146 of Jessica Watson op 072 671 4911.

Landman Janse van Rensburg.

Hierdie geleentheid word ook gebruik as fondsinsameling vir minderbevoorregte individue.

Voorsitter van die DBV, Brenda Eloff, het vertel dat sy dankbaar is om besighede te sien uitreik na die DBV.

“Februarie was weer ‘n donker maand vir die DBV. Hierdie geleentheid sal virseker die moeilike werk wat ons het, makliker maak. Enige hulp word altyd waardeer. Ons vra die publiek om asseblief op te daag en nie net die DBV te ondersteun nie, maar die Windpomp ook. Ons het julle ondersteuning nodig om aan te hou baklei vir die diere,” het Brenda afgesluit.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button