Vriendskaptuiste se vroue bid

Vriendskaptuiste het 'n onvergeetlike Wêreldbiddag vir Vroue-seremonie gehad.

Vriendskaptuiste het op die eerste dag van die nuwe maand Wêreldbiddag vir Vroue gevier.

Die geleentheid was in die Jimmy Kitching Saal gehou met personeel, lede en gaste wat meer as 50 sitplekke volgepak het.

Marietjie Greeff bid vir Vriendskaptuiste se verkiesing.

Seremoniemeester Christa Breytenbach het verrigtinge afgeskop. Daarna het Vriendskaptuiste se sanggroep, bekend as Capo, te same met Mariska de Beer, ‘n klinkende voorsang gelewer. Gasspreker Amanda de Beer het ‘n toespraak gelewer voordat Mariska haar solosang uitgevoer het.

Annelize van den Berg bid vir die skole en jeug.

Die gassprekers het elk ook die geleentheid gehad om te bid.

Appel Ernst bid vir die land se opkomende verkiesing en die misdaad.

Annelize van den Berg, Riebeeckrand se skoolhoof, het geopen met ‘n gebed vir die skole en die jeug. Amanda het vir die kerke en die leraars gebid terwyl Elsie Croucamp ‘n verhewe gebed oor die bejaardes uitgespreek het.

Elsie Croucamp bid vir die bejaardes.

Appel Ernst, voormalige polisiewoordvoerder en tans die mediabestuurder van die gewilde Vleisfees, het gebid oor die misdaad in die land en gevra dat daar wyse besluite tydens vanjaar se verkiesing, gemaak word. Die laaste gebed was deur Marietjie Greeff wat gebid het oor Vriendskaptuiste se opkomende verkiesing.

Amanda de Beer bid vir die kerke en leraars.

Dalena Botha en Ellen Swart het afgesluit met bedankings. Daarna het almal wat bygewoon het, ‘n peuselhappie by die uitgaan geniet.

Exit mobile version