Local news

Boere drom saam by gewilde NWK boeremark

Die NWK Randfontein bied nog 'n suksesvolle boeremark aan.

NWK Randfontein het die afgelope naweek ‘n suksesvolle boeremark aangebied.

Nadat die besigheid onlangs in Loumarina AH gehuisves is, is daar ‘n reeks boeremarkte wat aangebied is.

Freddy, ECO Tanks se gelukbringer saam met Pitsi Lucas Mathiyana.

Die eerste stal was tuis gegroeide groente wat gekomplimenteer was met tuisgemaakte konfyt. Die eienaar van die stal, Cobus van der Watt, het beklemtoon dat alle vars groente uit sy eie tuin gepluk is. Die stal is ‘n geleentheid om ‘n inkomste te verdien aangesien Cobus ‘n pensionaris is. Hy beskryf sy stal as ‘lokale mense wat bestaan’. Dit is nie ongewoond vir Cobus en sy familie om van die groente te skenk aan minderbevoorregtes nie. Volgens Cobus is die stal nie net finansieel motiverend nie, maar dit bied ‘n geleentheid om ‘n verandering te maak in minderbevoorregte gemeenskappe.

Alan Draper, Matthew van der Watt, Joanne van der Watt, Debbie van der Watt en Cobus van der Watt se stalletjie van tuisgemaakte goedere.

Die volgende stal het bestaan uit drie besighede naamlik AD KEY, Bell Apparel en @Printfection wat hoofsaaklik handelsmerke en bemarking beoefen deur middel van drukwerk en grafiese ontwerpe. Natasha van Wyk en Grant Bell se produkte het bestaan uit sublimasie en klere waar hulle gespog het met unieke grafiese ontwerpe en persoonlike handelsmerke. Natasha vertel dat hul grootste kliënte Lenmed Privaat Hospitaal, Checkers en die ANC is.

Shané de Koker, Natasha van Wyk, Angelique Pietersen en Grant Bell by hul digitale en drukkery besigheid.

Die Braai 3-stal het ‘n groot bydra gemaak tot die woord ‘boer’ in die mark. HP Lensley het vertel dat die Braai 3-stal uitnemende braaiers en voerbakke verkoop het. HP het verduidelik dat die voerbakke vir die boere is wat hul skape en beeste wil voer en die braaiers vir die boere is wat ‘n lekker Sondagaand wou geniet.

HP Lensley en Janco Botha by hul Braai 3-stal.

Jeremy Smith het die afgelope naweek Rosetta Nursery verteenwoordig deur groot verskeidenheid blomme en plante uit te stal.

“Dit is ‘n verskriklike belangrike idee om ‘n markdag aan te bied omdat dit werklose individue die geleentheid bied om ‘n regte uitlaatklep te hê,” het Jeremy gesê.

Marientjie’s was nog ‘n stal wat met hul besigheidstalent gespog het. Marina Wasserman het op die dag haar borduurwerk uitgestal en daar was ‘n verskeidenheid items te kope gewees wat wissel van lappoppe tot voorskote.

Marina Wasserman met een van haar lappoppe wat sy gemaak het.

Cast Aways Animal Sanctuary het ook die geleentheid aangegryp om ‘n fonsinsameling te hou. Daar was drie babahonde wat aangeneem kon word. Louisa Rossouw, stigter en direkteur het vertel dat die babahonde se ma ‘n Skaaphond is en hul pa ‘n Shar Pei. Bo en behalwe dat Louisa die babawoefies verkoop het, het sy ook ‘n vergiftigingskissie verkoop. Hierdie kissie word gebruik om te verhoed dat jou troeteldier sterf aan ‘n gifmiddel soos rotgif en Two-Step.

Louisa Rossouw en twee hondjies wat sy te kope het.

Related Articles

 
Back to top button