Local news

Paartjie voer talle oor feestyd

Paartjie Jessica en Johnny Watson het hul elf en Kersvader uniforms aangetrek en ongeveer 50 minderbevoorregtes gevoer gedurende die afgelope feestyd.

Jessica Watson en haar man Johnny het verlede jaar die fees in feestyd gesit.

Volgens Jessica het sy en haar man hierdie tydperk as ‘n geleentheid gesien om vir ongeveer 50 minderbevoorregte mense kos te gee. Sy het self die kos voorberei en was daar onder andere ‘n spit, vleis, pap, sous, slaaie en roomys om te geniet.

Dit was tog nie al nie …

Op hierdie dag kon mense ook in ‘n helikopter vlieg, in ‘n Casspir ry asook swem.

Jessica en haar man Johnny Watson.

Jessica verduidelik verder dat sy Windpomp Randfontein se perseel vir die geleentheid gebruik het.

“Baie dankie aan ons groot anonieme borg. Sonder jou sou dit nie moontlik gewees het nie,” het Jessica gesê.

Jessica en Johnny het twee jaar terug besluit om Kersfees vir minderbevoorregte mense ‘n werklike feesviering te maak. Sy het vertel dat sy en haar gesin vir 85 minderbevoorregtes ‘n bord kos asook nagereg kon gee tydens die feestyd in 2022.

Hierdie gesin se doelwitte stop ook nie hier nie en het Jessica dat sy vanjaar beplan om die inwoners van Wings of Inspiration te bederf met ‘n reis na die salon wat ‘n haarsny en nael-bederfie insluit.

Related Articles

Back to top button