Local news

Inwoners trots op hul Kersliggie-huise

Huise regoor Randfontein is die afgelope feesseisoen versier en die Randfontein Publisiteitsvereniging het die deelnemers asook wenners amptelik beloon tydens 'n prysuitdeling-geleentheid.

Die wenners van verlede jaar se Kersfees Liggies-kompetisie, wat deur die Randfontein Publisiteitsvereniging (RPA) aangebied is, is onlangs amptelik beloon.

RPA direkteur Louw Brits het tydens die geleentheid eers die gehoor verwelkom en daarna het ds Carel Pienaar geopen met bedankings en gebed.

Die beoordeelaars van die kompetisie was dr Johan van Staden en sy familie Sheryl, Jenna en Ashlyn van Staden asook Frans la Grange en voorsitter van die RPA, Matiam van Vuuren.

Matiam het die deelnemers en wenners navore geroep om sertifikate te oorhandig. Vanjaar se prysuitdeling het drie nuwe kategorieë gehad naamlik beste ouetehuis-eenheid, beste kerk (geborg deur die RPA) en beste nuweling (geborg deur Grant Theron van FourAela Bulk Transport).

• Lees ook: Your 2023 Christmas Lights Competition winners are …

Aldino Roeha Pita van Springbokweg was die wenner in die kategorie beste nuweling.

Die wenner in die beste ouetehuis-kategorie was aangekondig as Wim van der Vliet van Vriendskapstuiste se D5-eenheid. Ds Carel was die wenner van die kategorie beste kerk (NG Randfontein-Wes) en Aldino Roeha Pita van Springbokweg 19 was die wenner in die kategorie beste nuweling. Die beste drie inskrywings van verlede jaar was JM Calits se tuiste in Kingfisherlaan 7 wat derde plek verwerf het, Tessa Lee Verbeek se tuiste in Aarendstraat 43 wat tweede plek verwerf het en Gwen Tester se tuiste in Smutsstraat 102 wat die eerste plek geneem het.

‘n Spesiale bedanking het uitgegaan aan organiseerder Eleanor Theron en RPA boekhouer Christelle Breytenbach. Matiam, Frans en Louw, tesame met die ander RPA direkteure, Roy en Bridgette Harris, is ook bedank.

“Verlede jaar se kompetisie was een van die beste wat Randfontein al ooit beleef het. Die Randfontein Publisiteitsvereniging beplan al reeds groter dinge vir hierdie jaar se kompetisie,” het Carel vertel.

“Ons het verlede jaar nuwe deelnemers gehad en dit is ‘n aanduiding dat die kompetisie hierdie jaar nog beter gaan wees,” het Matiam afgesluit.

Related Articles

Back to top button