Local newsMunicipal

Bottels vol liefde vir Venterspos-inwoners tydens waterkrisis

Venterspos en omliggende gebiede wat tans 'n waterkrisis ervaar ontvang waterdonasies vanaf goeie Samaritane, onder andere boere en 'n diereredder.

Inwoners van veral Venterspos en omliggende gebiede het verlede week hul teleurstelling uitgespreek nadat hulle vir meer as twee weke sonder toegang tot lopende water leef.

Alhoewel die tekort aan watertoevoer ongerief veroorsaak, kom gemeenskapslede steeds bymekaar, onder andere Sungate boere wat water vir die inwoners skenk. Stephan Hendricks, ‘n diereredder van No More Tears Animal Sanctuary wat die trok van die Sungate boere opgepas en seker gemaak het dat inwoners water kry, het ook water geskenk aan diere.

Hendricks het gesĆŖ dat ongeveer drie dae voor Kersfees het hy op ‘n sosiale media plasing afgekom oor Venterspos se diere wat nie toegang tot water het nie. Hy vertel verder dat hy toe beplan het om hoofsaaklik vir troeteldiere, soos honde en katte, water te gee.

Hy het ‘n plasing op sosiale media gesit waar hy die gemeenskap vir donasies van waterbronne vra. Hy vertel dat dit ‘n groot sukses was en dat hy dankbaar is vir die bydrae wat die gemeenskap gemaak het. Op 23 Desember is twee vragte, ‘n sleepwa en ‘n motor vol waterhouers en bottels versamel.

Alhoewel Hendricks oorspronklik beplan het om slegs vir diere water te skenk, het dit ‘n geleentheid geword om vir inwoners ook water te gee.

ā€œToe ons in Venterspos was het ons gesien hoe die inwoners sit en wag vir die watertenkwaens. Nadat ons die groot nood vir water gesien het, het ons doelwit om water vir slegs die diere te gee, verander. ‘n Mens kan nie regkom sonder water nie,ā€ het Hendricks gesĆŖ.

Hy het bygevoeg dat die waterkrisis ‘n groot newe effek op beide diere en mense het en bygevoeg dat daar inwoners is wat vir dae nie kon bad het nie.

ā€œDie mederheid van die mense in Venterspos is mense wat swaarkry. Hulle het nie altyd die finansiĆ«le geleentheid om water by die naaste winkel te kan koop nie. Hulle [die inwoners] is werklik afhanklik van hierdie waterskenkings,ā€ het Hendricks vertel.

Hy is tevrede met die geleentheid omdat hy geweet het dat beide die inwoners en die diere water gekry het.

ā€œDit was verskriklik mooi om te sien hoe die gemeenskap saamstaan. Inwoners was so dankbaar om ‘n basiese ding soos water te kry,ā€ het hy verklaar.

Die munisipaliteit het intussen in ‘n verklaring gesĆŖ dat die burgemeester van Rand-Wes Plaaslike Munisipaliteit, William Matsheke, bewus is van die onderbreking van watertoevoer aan die inwoners van Westonaria.

Die burgemeester se woordvoerder, Tshidiso Tlharipe het ook bevestig dat die tekort aan toegang tot water vir Matsheke gedwing het om die voorsitter van die Raad vir Rand Water te betrek en daarmee die basis van die probleem vas te stel en oplossings vir diƩ uitdaging aan te spreek.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button