Local news

Kerneels hou sterk na slangbyt

Die langhaar Jack Russel, Kerneels, het onlangs vir sy lewe geveg nadat hy deur 'nrinkhals gepik is.

Op 18 November het die sewejarige Kerneels, ‘n langhaar Jack Russel, in ‘n stoeigeveg met ‘n rinkhals betrokke geraak.

Gert Koertze, Kerneels se eienaar, het vertel dat Lollos, hul ander hond, die rinkhals by die swembad se rotstuin vasgekeer het. Hy het verder gesê dat die slang vir Lollos gespoeg het, en die hond het toe weggehardloop.

Nadat Kerneels agter gekom het dat daar ‘n slang is, het hy onmiddellik die situasie probeer evalueer. Nadat Kerneels deur die rinkhals gepik is, het Kerneels en nog ‘n Jack Russel, Batman, die slang beetgekry en vermorsel.

• Lees ook: Kommer oor slangbyt gevalle onder troeteldiere

Gert vertel dat hul nie daardie oomblik geweet het dat Kerneels deur die slang gepik is nie. Na so 20 minute het Gert opgemerk dat Kerneels van balans af is en dat sy onderste kaak se tandvleis bloei.

Gert het toe besluit om vir dr Leandri Klopper te bel.

“Dr Klopper was nie in haar spreekkamer nie. Sy het beveel dat ons Kerneels deurbring sodat Freddie [haar assistent] hom kan behandel terwyl dr Klopper vir Freddie oor die foon verduidelik watter stappe om te volg. My vrou, Dalene, het in trane vir amper drie ure aanskou hoe Freddie besig was om Kerneels deur te trek,” het Gert vertel.

Gert noem dat Kerneels weer ‘n geesdriftige en spelerige woef is nadat Freddie Baloyi lank geveg het om Kerneels weer op die been te kry.

“Dalene is sy ounooi. Hy sal enige iets doen om haar te beskerm,” het Gert gesê.

Related Articles

Back to top button