Die Connie Mulder Sentrum vier Kerstyd

Die Connie Mulder Sentrum het 'n jaareindfunksie vir inwoners en hul familie gehou.

Die Connie Mulder Sentrum het op 24 November ‘n jaareindfunksie vir die sentrum se inwoners gehou en die feestyd met ‘n Kersete gevier.

Oor die 200 inwoners en hul familie het die geleentheid gekry om ‘n smaaklike Kersete te geniet voor die inwoners huis toe gaan saam hul familielede om Kersdag tuis te vier. Die funksie het ook as ‘n prysuitdeling van verdienstelikheid gedien en Elona Uys, die hoofuitvoerende beampte van die sentrum, het die eer gehad om ‘n paar sertifikate uit te deel.

Vyftien inwoners en drie personeellede het sertifikate ontvang. Lucas Booysen en Julia Kgotlabeng het albei sertifikate verwerf vir vyf jaar diens en Patricia Sebula het ‘n 15-jaar diens sertifikaat verwerf.

Elona het vertel dat die geleentheid ‘n groot sukses was nadat almal hul Kersete geniet het.

Exit mobile version