Kommer oor slangbyt gevalle onder troeteldiere

Die gemeenskap kommer oor hul troeteldiere se veiligheid vanweë die toeneemendheid van slange.

Die Randfontein gemeenskap word gewaarsku om op die uitkyk te wees vir slange en word daar gevrees vir ‘n toename in slangbyt getalle onder troeteldiere.

In ‘n onlangse insident moes eienaars hul geliefde troeteldier hospitaal toe jaag nadat die hond deur ‘n rinkhals gepik is.

Dr Leandri Kloppers, veearts by die Kameelstraat Dierehospitaal het gesê dat hulle op 19 November ‘n noodoproep ontvang het.

Freddie Baloyi, dr Klopper se assistent, het toe die hondjie ingeneem en spoedig die dier se gesondheidstoestand geëvalueer.

Freddie het vertel dat die hond se toestand nie goed gelyk het nie en onder andere spoeg afskei. Haar gesig was ook geswel en haar tong was blou. Freddie het die hond reggekry vir behandeling terwyl hy met dr Klopper op die foon gesels het.

FEATURED IMAGE
‘n Rinkhals. Foto: Johan Marais/ African Snakebite Institute.

Dr Klopper het bevestig hoe belangrik dit is vir troeteldiereienaars om die slang te identifiseer. Sy het vertel dat elke slang spesie se gif verskillende simptome veroorsaak. Daarom moet die veearts eers weet watter slang dit is sodat behandeling so gou as moontlik uitgevoer kan word. Dr Klopper het bygevoeg dat die eienaars van die hondjie die slang saam met hul gebring het sodat sy die slang kan identifiseer. Sy het dit onmiddelik bekendgemaak as ‘n Rinkhals.

Die hond was dus voorberei vir simptomatiese behandeling. Intraveneuse terapie is vir die hond gegee om hom te voorsien met noodsaaklike vloeistof om die gif teen te werk. Daarna het Freddie pynmedikasie asook verskeie inentings gegee.

Eers na drie en ‘n half ure se konstante behandeling was die hond se toestand stabiel.

Freddie het verduidelik dat hy nie kon slaap nie omdat hy bekommerd was oor die hond. Hy het toe vertel dat hy elke twee ure gekyk het om seker te maak die hond se toetsand verbeter.

“Ek was baie bly om te sien hy het begin beter raak,” het Freddie opgewonde gesê.

Dr Klopper het bygevoeg en wel gewaarsku dat dit nie altyd die geval is dat diere ‘n slangbyt oorleef nie.
Sy sê ‘n vorige hond wat onlangs vir noodbehandeling ingebring was, het ongelukkig die geveg teen die slang-gif verloor. Dr Klopper vertel verder dat ouderdom, grootte en spesie ‘n verskil maak wanneer ‘n hond slanggif moet teen staan.

Johan Marais, hoof van die African Snakebite Institute sê die warm seisoen het ongelukkig slange aangebring.

Hy sê weens die somer se aankoms maak slange aanslag by nuwe moontlike habitatte. Hy het ook wenke aangebied indien ‘n persoon wel in aanraking met ‘n slang kom.

“Staan ongeveer vyf tree weg van die slang en probeer troeteldiere verwyder. Troeteldiere is geneig om slange te probeer vang. Skakel dadelik ‘n professionele slangverwyderaar. Moet nie die slang probeer vang of doodmaak nie,” het Johan vertel.

Die African Snakebite Institute het bevestig dat daar drie gevaarlike spesies slange in Randfontein voorkom naamlik rinkhalse, pofadders en boomslange. Daar word voorgestel dat gemeenskapslede op die uitkyk is vir hierdie slange en dadelik behandeling kry indien gebyt word. Indien daar ‘n slang verwyder moet word, skakel 082 494 2039.

Exit mobile version