‘n Orrelfees om te onthou saam met Sionspoort

Die Hervormde Kerk Sionspoort het op 29 Oktober 'n orrelfees uit die boonste rakke vir die gemeenskap uitgevoer.

Die Nederduitsch Hervormde Kerk Sionspoort het op 29 Oktober Hervormingsondag gevier met begeleiding van hemelse kerkmusiek.

Waldo Jones, opkomende orrelis, het onder andere die gehoor laat juig met sy talent terwyl die nuut gestigde Wesrand Orkes, ook tydens die geleentheid opgetree het met veral hul musikale item, Ave Verum Corpus (oorspronklik deur Wolfgang Amadeus Mozart) wat die oë laat rek het.

Hervormde Kerk Sionspoort.

Hoërskool Jan Viljoen se acapella-koor, onder leiding van Mathapelo Magampa, het ook ‘n nommer vir die gehoor uitgevoer.

Rudi van Wyk, Sionspoort se orrelis, vertel dat die acapella-koor ‘n pragtige Afrikaanse lied gesing het met die titel Kom na My toe.

Rudi van Wyk (Gemeente Sionspoort se orrelis) en Waldo Jones (uitvoer orrelis).

Die samesang is afgesluit met die bekende Onse Vader, wat uitgevoer was met vol instrumente en orrelmusiek.

Die gemeente se uitreikgroep het gesorg vir smullekker peuselhappies wat tydens die geleentheid verkoop is.

Volgens Rudi was hierdie geleentheid aangebied as ‘n vorm van bewusmaking. Hy het bygevoeg dat die fondse wat ingesamel was op die dag gebruik gaan word vir die instandhouding van die kerk se orrel.

Hoërskool Jan Viljoen se acapella-koor.

“Dus sal die gemeente verseker dat die kerkorrel nooit stil sal raak nie,” het Rudi gesê.

Rudi het ook beklemtoon dat die klassieke styl en hoë gehalte programme moet voortleef. Volgens hom was hierdie geleentheid ‘n harde poging van die gemeente om die mense van Randfontein te vermaak op hul eie voorstoep. Dus was die ingangkaartjies gratis sodat die gemeenskap die tyd vrylik kon geniet met samekoms en samesang.

Exit mobile version