Oud-Bok en voormalige SA bokskampioen ondersteun Middelvlei-sopkombuis

Hennie du Bruyn en die Kitaar Kêrels vermaak ondersteuners by Laerskool Randfontein om fondse vir Middelvlei se sopkombuis in te samel.

‘n Vrolike geleentheid is saam Hennie du Bruyn en die Kitaar Kêrels op 28 Oktober gereël om fondse vir Middelvlei se sopkombuis in te samel.

Hennie du Bruyn en die Kitaar Kêrels het op die dag ongeveer 92 mense met hul liedere vermaak. Die ondersteuners wat bygewoon het, het ‘n wonderlike tyd gehad.

Daar was talle uitdagings, maar een van die grootste was die meganiese bul wat mense rondgegooi het. Chery SA het ook die geleentheid geniet en uitgestal asook Ragin’ Rebels wat ‘n karskou gehou het.

Een van die versamelstukke in die veiling.

Brian Mitchell (voormalige professionele bokser), James Dalton (voormalige Springbok en 1995 Wêreldbeker-wenner) en Pietie Meyer (voormalige Leeu-rugbyspeler) het oor hul loopbane gepraat. Die hoogtepunt van die geleentheid was ‘n veiling met rugby- en boks memorabilia wat gehou is en die verkope van die items het goed afgeloop.

Daar was ook ‘n prys wat bywoners kon wen naamlik ‘n wegbreek vir volgende jaar Februarie by Eagles Inn in Richardsbaai. Susan Smit was die gelukkige wenner en het ‘n vier-nag verblyf vir ses mense by Eagles Inn ontvang. Hierdie prys was afhanklik van die toegangskaartjie trekking.

Alhoewel hierdie dag vol vreugde en vermaak was, het Kleintjie Erasmus, bestuurder van die geleentheid, vertel dat hulle ly aan ‘n verlies weens die tekort van ondersteuners. Sy vertel ook dat Elrie Smith die beplanning vir die volgende geleentheid gaan doen.

Exit mobile version