Local newsSchools

Riebeeckrand-borg sorg dat Rugbyspeler van die Jaar wiele kry

Hoërskool Riebeeckrand vier hul rugbyseuns se prestasies en is 'n graad 11-leerder as uitblinker aangekondig.

Hoërskool Riebeeckrand het onlangs hul rugbyseuns se uitmuntende prestasies met ‘n rugbyfunksie gevier en dit is hier waar hulle met toekennings beloon is deur hul afrigters. Een speler is selfs met ‘n geborgde motor verras.

Dit was ‘n spoggerige aand vir Riebeeckrand se rugbyseuns wat vanjaar geskiedenis gemaak het nadat al hul rugbyspanne in die finaal van hul onderskeie ligas gespeel het. Maar dis nie al nie.

Die voertuig trots geborg deur Willie en Alex Wray van AJ Boerdery. Foto ingestuur.

Die skool se o14 en o16 rugbyspanne het uiteindelik deurgedring na die semifinaal van die Noordvaal Kampioenskap. Alhoewel die o14s tot die bittereinde geveg het, het hul wel met een punt kortgekom teen Hoërskool Overvaal. Riebeeckrand se o16s was wel witwarm en het met Hoërskool Wolmaransstad 15–10 in die halfeindstryd afgereken. Hul het toe hul plek in die eindstryd bespreek en teen Hoërskool Vryburg te staan gekom waar hul 22–20 geseëvier het. Die span is dus as die SDC Noordvaal-wenners van afdeling 3 gekroon.

Om terug te gee het Willie en Alex Wray van AJ Boerdery ‘n geborgde motor aan die Rugbyspeler van die Jaar en graad 11-leerder Dylan Jacobs oorhandig.

Volgens skoolwoordvoerder Carina Collins was Dylan beslis ‘n uitblinker op die rugbyveld en is die motor aan hom oorhandig vir sy harde werk en lojale toewyding.

“Riebeeckrand wil net weereens ons waardevolle borge wat die rugby so lojaal deur die rugbyseisoen ondersteun, bedank, asook ons geliefdes en gemeenskap vir hulle toegewyde ondersteuning,” het Carina bygevoeg.

Related Articles

Back to top button