VIDEO: Rappies vra dat Bokke die beker huis toe bring!

Laerskool Rapportryer gooi balle om ondersteuning vir Springbokke te wys.

Laerskool Rapportryer is bankvas agter die Springbokke kort voor hul Wêreldbekereindstryd teen die All Blacks.

“Aandag, Laerskool Rapportryer. Hier kom die Bokke,” het die skool opgewonde aangekondig. Personeellede het tou gestaan om ‘n rugbybal vir mekaar te gooi om die Springbok-geesdrif in die skool aan te bring. ‘n Groep personeellede het ‘n rugbyspan nagemaak en mekaar op die skoolveld geduik.

Skoolleerders het ook kans gekry om bal in die hand te hou. Die bal is deurgegee na die hoof, André Kruger, wat ‘n fantastiese drie gedruk het.

Laerskool Rapportryer wens die Springbokke sterkte toe en beveel hulle dat die beker huis toe gebring moet word.

Exit mobile version