Hoërskool Riebeeckrand se langverwagte musiekblyspel La Dolce Vita het die gemeenskap op die randjie van hul sitplekke gehad.
Bejaardes, leerders en ouers het die guldige geleentheid gehad om die musiekblyspel by Hoërskool Riebeeckrand te aanskou.
La Dolce Vita het 17 Oktober afgeskop met hul eerste vertoning vir die gemeenskap se bejaardes. Die musiekblyspel het aangeloop tot 21 Oktober wat die spoggerige gala-aand was.
Die musiekblyspel se milieu was die verhaal van liefde tussen ‘n groep vriende.
Volgens skoolwoordvoerder Carina Collins moes hierdie vier hoofkarakters mekaar vind deur die loop van die spel wat uiteindelik gebeur het.
Bo en behalwe die musiek-aspek was daar ook verskeie danselemente met puik choreografie.
“Dit was ‘n groot sukses!” het Carina bygevoeg.