Local newsSchools

La Dolce Vita: Hoërskool Riebeeckrand se musiekblyspel tokkel hartsnare

Hoërskool Riebeeckrand se musiekblyspel La Dolce Vita het onlangs vir groot vermaak gesorg.

Hoërskool Riebeeckrand se langverwagte musiekblyspel La Dolce Vita het die gemeenskap op die randjie van hul sitplekke gehad.

Bejaardes, leerders en ouers het die guldige geleentheid gehad om die musiekblyspel by Hoërskool Riebeeckrand te aanskou.

Breyton Mxathule (graad 12) besig met sy solo.

La Dolce Vita het 17 Oktober afgeskop met hul eerste vertoning vir die gemeenskap se bejaardes. Die musiekblyspel het aangeloop tot 21 Oktober wat die spoggerige gala-aand was.

Die musiekblyspel se milieu was die verhaal van liefde tussen ‘n groep vriende.

Jesse (Gizelle van Rooyen) saam Lynn (Deoné Scheepers) en Monique (gespeel deur Carien Barkhuizen).

Volgens skoolwoordvoerder Carina Collins moes hierdie vier hoofkarakters mekaar vind deur die loop van die spel wat uiteindelik gebeur het.

Die Joller-dansgroep van Fafa Loubser, Thakgalo Sello, Gianni de Lange, Ivan Pedro, Junaid Fortuin, Christiano da Corte.

Bo en behalwe die musiek-aspek was daar ook verskeie danselemente met puik choreografie.

“Dit was ‘n groot sukses!” het Carina bygevoeg.

Related Articles

Back to top button