Local news

Gewilde VLU-voorsitter sterf

Gemeenskap neem afskeid van Ria Herbst, voorsitter van die VLU se Middelvlei-tak.

Die geliefde voorsitter van die Middelvlei VLU-tak en ondervoorsitter van die Witwatersrand VLU-tak, Ria Herbst, is op Saterdag, 14 Oktober onverwags oorlede.

Haar afsterwe is weens hartversaking.

“Ek was baie lief vir haar. Sy was ‘n geliefde mens. Sy was een van die beste naaldwerksters wat ek geken het. Niks wat sy aangepak het was nie suksesvol gewees nie,” vertel Ria se man, Joseph (Joe) Herbst, na byna 48 jaar se getroude lewe.

• Lees ook: VLU Middelvlei-tak geniet gesellige oggend

Tersia Herbst, vriendin van Ria, het haar hartseer ook uitgespreek. Sy het vertel hoe baie jare beide sy en Ria saam gelag en huil het. Tersia het beweer dat Ria haar baie oor naaldwerk geleer het en dat Ria die mooiste naaldwerk kon doen.

• Lees ook: Vrouelandbou-unie nie net vir ‘ou tannies’ nie

“Jy was ‘n ystervrou wie se hande en gedagtes altyd enige probleem probeer oplos het,” het Tersia vertel.

Ria Herbst se rou diens het op 20 Oktober by die NG Kerk in Middelvlei plaasgevind.

Related Articles

Back to top button