Local news

Jong orrelis laat die tonge klap

Jong orrelis en tweedejaarstudent wat talle aan die praat het tree binnekort by Sionspoort op om Hervormingsondag te vier.

Waldo Jones, ‘n opkomende orrelis, gaan sy unieke talent ten toon stel by die Sionspoort Hervormde Kerk op 29 Oktober om Hervormingsondag te vier.

Die program behels musiek en samesang. Daar is ook verskeie instrumente wat saam met die orrel gespeel gaan word.

Toegang vir bywoners is gratis.

Rudi van Wyk vertel dat Sionspoort elke jaar op Hervormingsondag ‘n orrel uitvoering hou juis omdat daar min sulke geleenthede in Randfontein plaasvind. Volgens Rudi is dit ook ‘n geleentheid om fondse in te samel om Sionspoort se ‘pragtige’ pyporrel instand te hou.

Waldo is die orrelis wat verantwoordelikheid neem vir die orrel uitvoering se musiek. Op slegs 10-jarige ouderdom het Waldo sy orrel-loopbaan begin. Waldo het later besluit om in te skryf vir formele orrellesse by die Kimberley Akademie vir Musiek onder leiding van Mathew van Wyk. Waldo het toe op 15-jarige ouderdom die Widor Toccata uitgevoer by die Groenpunt Stadion voor ‘n gehoor van 40 000 mense. Hierna het Waldo se orrel-ekspidisie sterk vlamgevat.

As lid van die Suider-Afrikaanse Kerk- en Konsertorrelistevereniging neem Waldo gereeld deel aan geleenthede en kompetisies wat hulle aanbied. Hierdie organisasie het ook Waldo verskaf met beurse.

Waldo het ‘n onderskeiding in sy graad agt orrel-eksamen verwerf tydens sy matriekjaar en was ook genooi om deel te neem aan ‘n Unisa beurskompetisie. Hy het die kategorie vir die beste interpretasie van romantiese orrelmusiek gewen.

Prof Theo van Wyk van die Universiteit van Pretoria gee huidiglik leiding aan Waldo. Waldo tree ook op as orrel solis saam met die Pretoria Simfonieorkes, onderleiding van Schalk van der Merwe.

Waldo is huidiglik hoof-orrelis van die nuwe Apostoliese Kerk .

Die gemeenskap van Randfontein word uitgenooi om Waldo se orrelmusiek te kom geniet.

Related Articles

 
Back to top button