Local newsSchools

RAM se pom-pom groepe oorheers die verhoog

Laerskool Randfontein se twee pom-pom groepe spog met hul prestasies op die verhoog.

Laerskool Randfontein se twee pom-pom groepe is beloon vir hul uitnemende prestasies vanjaar.

Die senior pom-pom- groep, wat as RAM Extreme bekendstaan, het ‘n eerste plek in die provinsiale kampioenskappe behaal en is ook as D2-wenners aangekondig.

Hul inspirasie kom uit die Hollywood-fliek, The Matrix. Dié pom-pom groep het ook ‘n diamant-toekenning by Raca verwerf en is die wenners in die Overall Performance of the Year-kategorie vir juniors. Hulle het verder ‘n eerste plek in die Clash of the Titans-kompetisie behaal.

Die senior pom-pom groep, RAM Extreme, by ‘n optrede. Foto ingestuur.

RAM Extreme was deur die verloop van die jaar na skole soos Trinityhouse, Alberton, Jan Viljoen en Gerrit Maritz genooi om optredes uit te voer.

Skoolwoordvoerder Annie Nolan vertel dat RAM Extreme se afrigter, Khaya Dhladhla van Dancehub Company, en organiseerder, Chineque Mulder, groot dinge vir volgende jaar beplan aangaande die senior groep.

Dit was nie net die senior groep wat hierdie jaar uitgeblink het met hul prestasies nie. Die junior groep, beter bekend as RAM Ignite, se inspirasie is nog ‘n gewilde Hollywood-fliek naamlik Top Gun. Hierdie groep het beslis hoog gevlieg wanneer dit kom by presteer. RAM Ignite het ‘n vierde plek in die provinsiale asook die D2 kampioenskappe behaal. Hulle het ook ‘n uitstekende eerste plek in die Clash of the Titans-kompetisie verwerf en platinum in Raca.

Leazaan Bouwer, organiseerder, het ook groot planne vir 2024.

Related Articles

Back to top button