Local news

Gemeenskap staan bankvas agter Oom Piet se regmaak-projek

Jessie Boston het onlangs 'n skou georganiseer om 'n skenking vir Oom Piet oor te handig.

Piet Lottering, oftewel Oom Piet, het onlangs ietwat van ‘n gewildheid status verwerf nadat hy voortdurend die paaie in Randfontein herstel het. Sy krities bekroonde ondersteuners het skenkings gemaak om Oom Piet te help in sy slaggat-reis. Een van sy ondersteuners sluit selfs die kunstenaar Jessie Boston in.

Jessie, ‘n bekende Randfonteinse sanger, het besluit om ‘n Country Skou te reel. Volgens hom was dit ‘n geldige geleentheid na die Covid-ramp.

Terwyl Jessie besig was om sy beplanning uit te oefen vir die skou, het hy vir Oom Piet raakgeloop. Oom Piet was besig om ‘n slaggat toe te maak voor Jessie met hom ‘n geselsie aangeknoop het. Jessie het verstaan dat Oom Piet skenkings nodig het om sy volle potensiaal met sy pad projekte te bereik. Daarom het Jessie ‘n ooreenkoms met Oom Piet gemaak om 50% van die geld wat in kom van die skou vir Oom Piet te skenk.

• Lees ook: One pothole at a time: Oom Piet and team at it again

Die geld van elke kaartjie wat gekoop was, is belê in die sukses van Oom Piet se dienste. Toe die Country Skou bemark word, het talle besighede besluit om betrokke te raak as borge. Palm Eiendomme, Nick’s Lock Smith, Van Wyk Oosthuizen Prokureurs, Mini Hardware (Oom Piet se besigheid) en vele meer het boekies aangekoop en die kaartjies onder die gemeenskap uitgedeel. Daar was 566 kaartjies verkoop en Oom Piet het ‘n bedrag van oor die R10 000 ontvang.

Lede van plaaslike maatskappye wat die Country Skou geborg het is Braam Koertzen (ELKO Consultants), Piet Lottering, Jessie Boston, Johan Cronje, Nick Hall, Christelle van Wyk (Palm Eiendomme-bemarker) en Frans le Grange.

“Mapogo A Mathamaga is betrokke by meeste skole in die dorp en neem deel aan gemeenskapsprojekte. Daarom het ons dit goed gedink om betrokke te raak by dié skou. Die geld wat vir Oom Piet gaan om slaggate reg te maak is deel van die dorp se ontwikkeling en dit is ‘n groot belangstelling in ons gemeenskap,” vertel Johan Cronje, voorsitter van die Randfontein Rugbyklub en direkteur by Mapogo A Mathamaga.

Eienaar van Palm Eiendomme, Frans le Grange het ook nie gehuiwer om hierdie geleentheid aan te pak nie. Hy vertel graag wat die doel van die skou was.

“Die doel van hierdie geleentheid was om geld in te vorder en ‘n masjien te koop sodat Oom Piet die slaggate makliker kan toemaak.”

Jessie noem dat die projek ‘n sukses was, maar dink dit kon beter gewees het as die publiek meer geondersteun het.

“Die toegangskaartjie was ‘n bydrae tot ‘n beter Randfontein,” sluit Jessie af.

Related Articles

Back to top button