Vermeende diewe teiken DBV se waterpype

Twee mans is onlangs op heterdaad betrap na die uitgrawe van waterpype op DBV-eiendom.

‘n Sekuriteitswag het onlangs twee mans op heterdaad betrap wat besig was om waterpype op RandWes DBV-eiendom op te grawe.

“My werk is eenvoudig. Ek ontvang die inligting en ek vang die misdadigers,” vertel die sekuriteitswag wat anoniem wil bly.

Na die sekuriteitswag op pikke en grawe afgekom het, het hy die twee verdagtes gevra of hulle skuldig aan die daad was. Hy het hulle gewaarsku dat indien hy die twee mans weer op die DBV-eiendom vang, hulle aangekla sal word vir diefstal. Die sekuriteitswag vertel verder dat hy nie die twee mans kon laat arresteer nie maar dat hulle wel erken het dat hulle die slote gegrawe het.

“Hawelose mense grou oral in die dorp rond op soek na staal. As jy ‘n persoon sonder ‘n voertuig met gereedskap sien rondloop is dit verdag,” waarsku die sekuriteitswag.

Brenda Eloff, voorsitter van die RandWes DBV het die sekuriteitswag bedank vir sy vinnige optrede.

“Die sekuriteitswag lewer dienste vir antikaping en diefstal en bied voltydse beskerming. Hy voer uitstekende dade uit vir die mense van Randfontein en daarom kan ons vir sulke sekuriteitswagte dankie sê dat julle uit jul pad uit gaan wat veiligheid aanbetref.”

 

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version