Local news

Lip-lekker gebraaide snoek-resep danksy RAM-adjunkhoof

Kort jy 'n resep vir Nasionale Braaidag? Hier is 'n smullekker een uit Laerskool Randfontein se resepteboek, Ramelicious, wat destyds tydens hul 80 verjaarsdagvieringe vrygestel is.

Dié gebraaide snoek-resep is danksy een van Laerskool Randfontein se adjunkhoofde, Steve Greyvenstein, wie bekend is vir sy professionele houding en altyd ‘n oplossing vir enige probleem het.

Bestanddele:

• Een vars snoek (ongeveer 2kg)
• Een eetlepel growwe sout
• Drie eetlepels olyfolie
• Varsgemaalde swartpeper na smaak

Wie sê nou nee vir gebraaide snoek?

Bedruipsous:

• 100g botter
• Twee eetlepels gladde appelkooskonfyt
• Twee knoffelhuisies (gekneus)
• Twee eetlepels suurlemoensap

Metode:

1. Kook al die bestanddele van bedruipsous saam totdat jy ‘n gladde sous het
2. Spoel die snoek af met water en laat dit droog word vir ongeveer ‘n halfuur
3. Geur snoek liggies met sout en swart peper en plaas dit oopgevlek op ‘n toeknyprooster met die vleiskant na onder. Verf die velkant liggies met olyfolie om te verhoed dat dit aan die rooster vasklou. Begin nou die snoek te braai met vleiskant na die kole toe gedraai om sodoende die vleis te seel. Draai die vis om en verf liggies met bedruipsous
4. Draai twee tot drie keer (ongeveer 15 tot 20 minute) maar braai meestal met velkant na die kole toe gedraai. verf gedurig met bedruipsous. Sodra die vis maklik vlok is dit gaar.
5. Bedien met lekker soetpatats

Wenke:

• Wanneer jy die snoek koop, maak seker dat dit nie ‘pap’ is nie. Druk jou vinger liggies teen die vleis, as dit nie dadelik terug na oorspronklike vorm deins nie is die snoek ‘pap’.
• Stap 2 om ‘n suksesvolle snoek te braai is om ‘n vuur te maak, maak nie saak wat jy gebruik nie, net solank jy hout gebruik. Maak seker dat daar genoeg kole is. Maak seker jou bedruipsous is gereed voor jy begein braai

Bron: Ramelicious. 80 jaar se Geskiedenis vandag se resepte.

Related Articles

 
Back to top button