Local news

‘n SA-biltongpotjie, dankie RAM-juffrou!

Kort jy 'n resep vir Nasionale Braaidag? Hier is 'n smullekker een uit Laerskool Randfontein se resepteboek, Ramelicious, wat destyds tydens hul 80 verjaarsdagvieringe vrygestel is.

Dié biltongpotjie is danksy juffrou Melinda van Heerden van Laerskool Randfontein wie bekend is vir die grappies wat sy maak. Sy hou ook van avonture en tonne pret waar ookal sy is!

Jy kan hierdie heerlike biltongpotjie maak in slegs ses stappe!

Bestanddele:

• Ses uie gekap
• Twee pakkies gesnyde sampioene
• R100 tot R150 se gekerfde biltong
• Twee pakkies spekstukkies
• Een pak skulpnoedels
• Een blik pitmielies
• 500ml room
• Cheddar-kaas na smaak

Metode:

1. Braai die uie in ‘n bietjie olie
2. Voeg die sampioene, spek en biltong by. Laat prut vir 15 minute
3. Voeg halfgaar skulpnoedels by en daarna die mielies
4. Gooi cheddar-kaas bo-oor (soveel as wat jy wil) en prut nou vir 30 minute
5. Gooi 500ml room by en los vir 15 minute
6. Sout en speserye kan na smaak bygevoeg word

Bron: Ramelicious. 80 jaar se Geskiedenis vandag se resepte.

Related Articles

Back to top button