Local newsSchools

Rappies-koorkuikens sing die land aan die brand

Rappies se koor het onlangs 'n A++ behaal asook diamant-toekenning verower.

Laerskool Rapportryer se koorkuikens het onlangs die musiek- en koorkunswêreld betower met ‘n uitsonderlike vertoning by die Allegretto Eisteddfod, waar hulle as ware engele gesing en A++ behaal het.

Hierdie talentvolle koor het ook ‘n diamant-toekenning verwerf by Raca wat net ‘n bevestiging is van hul ongelooflike vaardighede.

Die koor, onder leiding van die bekwame koorafrigter, Celeste Wentzel, het 95 koorkuikens wat met groot toewyding en passie hul talente gebruik om die gehoor te beïndruk.

“Hierdie jong sterre het die vermoë om die dorp aan die brand te sing,” het skoolwoordvoerder Esmé Botha gesê

Esmé het bygevoeg dat Celeste ‘n wonderlike span het wat help om die kuikens tot hoër hoogtes te vat.

“Sunél Bezuidenhout asook die fantastiese en talentvolle Lizette Furstenburg – albei onderwysers – het die koor met toewyding begelei terwyl studente-onderwyser Nelmarie Els ook ‘n waardevolle bydra gelewer het.

“Laerskool Rapportryer se kuikens het net weereens bewys dat wanneer talente en passie saamkom, dit lei tot buitengewone prestasies. Hierdie koorkuikens van Rappies maak beslis die gemeenskap trots.”

Related Articles

Back to top button