Local newsSchoolsSport

G’n asem skep vir hierdie Rappies-langasems

'n Hele klomp Rappies-leerders en langasems het onlangs aan die D2 byeenkoms by Westonaria High School deelgeneem en die skool asook dorp trots gemaak.

Om ‘n langasem te wees verg moed, stamina en deursettingsvermoë.

Dit is beslis eienskappe wat van die klomp jong langasems by Laerskool Rapportryer wenners maak.

Volgens skoolwoordvoerder Esmé Botha het 12 van hulle langafstandatlete juis onlangs aan die D2 byeenkoms by Westonaria High School deelgeneem en die skool asook dorp trots gemaak.

Kaylim Landsberg, Levi Valentine, Logan Coetzer en Steyn du Plooy.

Hulle is Twane Prinsloo, Mischke van Zyl, Evangeline Dykman, Kaylton Landsberg, Logan Coetzer, Steyn du Plooy en Levi Valentine (almal o9), Sharlize Boucher, Lizerie Pretorius en Madison Dennis (almal o10), Shani Boucher (o13) en Kylie Opperman (o14).

“Baie geluk aan ons landloopatlete wat hard gewerk het hierdie seisoen. Julle asems raak nooit op nie en jul bene net nie moeg nie. Rappies is trots op julle almal.”

Twane Prinsloo, Mischke van Zyl en Evangeline Dykman.

Sharlize is boonop vir die D2-landloopspan gekies en het sy reeds vroeg in September aan die Gauteng Landloopbyeenkoms in Vanderbijlpark deelgeneem.

“Rappies is trots op jou en ons weet jy gee altyd net jou beste,” het Esmé afgesluit.

Related Articles

 
Back to top button